Pit Lane Auto Parts

Aangesien hierdie winkelsentrum enig in sy soort is, het dit sommer ook 'n motoronderdele winkel in. Motors sou swaarlik kon bestaan sonder polimere, soos hier onder gesien kan word.

Enige onderdele nodig? Jy hoef nie veel verder te kyk nie. Baie motoronderdele word gemaak van polimere soos ABS plastieke. Deur van plastieke in onderdele gebruik te maak weeg motors heelwat minder, en gebruik dus minder petrol en produseer minder skadelike besoedelingstowwe. Hierdie deel van 'n buffer is so lig, Wassana kan dit sommer met een hand oplig.

Motors het bande nodig, wat ook van polimere gemaak word. Die loopvlak van hierdie band is van 'n spesiale rubber, polistireen-butadieen-stireen, gemaak. Die wande van band is gemaak van poliisopreen. Die voering aan die binnekant van die band is van nog 'n ander tipe rubber, naamlik poliisobutileen, gemaak. Bande word versterk met of lae staal draad, of Kevlar, die materiaal waarvan koëlvaste baadjies gemaak word.

As dit reën, word die voorruit skoon en droog gehou deur die ruitveer. Die lemme van die veer word van die rubber poliisopreen gemaak.

Die kopligte van die motor se lense kan van polikarbonaat gemaak word.

Hierdie pyp is van die rubber polibutadiëen gemaak. Hierdie tipe rubber is die mees bestand teen lae temperature van al die rubbers. Dit is nogals belangrik as jy vroeg in die môre met jou motor in Sutherland wil rondry.

Hierdie lugfilter is gemaak van dik papier, wat sellulose is. Die swart rubber dele sou van 'n polimeer soos poliisopreen gemaak kon word.


In geval jy sonder petrol sou gaan staan, dan is hierdie poliëtileen petrolkan net die ding om byderhand te hou. As jy so nou en dan 'n bietjie aan die vorm van die bakwerk van jou kar verander, is hierdie bakwerk vulstof (links) gemaak van 'n mengsel van klei en poliëster dalk 'n goeie belegging.






En heel laaste het ons 'n vloermatjie. Die matjie is gemaak van nylon.









Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi