Hier is ons nou in die kamera winkel, waar ons, wel, gaan fokus op die polimere wat fotografie moontlik maak. Soos die soektog ontwikkel, sal jy sien dat daar heelwat polimere hier rond is. Eerste is daar natuurlik die film self. Deesdae word die film gemaak van poliëster, maar vroeër jare is dit gemaak van sellulose nitraat. Ongelukkig is sellulose nitraat vlambaar, met die gevolg dat kombinasies van warm projektor ligte en film baie keer verantwoordelik was vir die afbrand van teaters. Dit is toe vervang met sellulose asetaat, en daarna met poliëster.

Hierdie kleur filters word gemaak van 'n harde, deursigtige polimeer polikarbonaat. Hulle word gebruik om allerhande interessante effekte te verkry as jy 'n bietjie met kleure wil rondspeel terwyl jy foto's neem.



As jy niks van jou duur toerusting wil verloor terwyl jy foto's neem nie, dan is so 'n nylon kamersak net die ding om te hê.





In die goeie ou dae, voordat kamera's ingeboude flitse gehad het, is daar nog van sulke los flitse ("flash cubes") gebruik gemaak. Die deurskynende buitekant is van poliëtileen gemaak, terwyl die binneste weerkaatsende dele van polistireen gemaak is.




Indien jy jou eie foto's sou ontwikkel, en jy allerhande chemikalieë heen en weer moet gooi, is so 'n poliëtileen tregter net die ding om te he.



En, as die eindproduk van jou fotografiese swoeg en sweet dalk die moeite werd is om na te kyk, kan jy dit altyd in a fotoalbum sit. Hierdie kunsleer album is gemaak van PVC.

Die houer wat al die binnegoed van jou kamera bymekaar hou word baie keer gemaak uit polistireen. Deurskynende polistireen word ook gebruik vir die lense van kamera's se flitse.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi