Koolstofvesel


Koolstofvesel is 'n polimeer wat eintlik 'n vorm van grafiet is. Grafiet is 'n vorm van suiwer koolstof, waar die koolstofatome in lae van heksagonale aromatiese ringe gerangskik is, amper soos gaasdraad.

Koolstofvesels is net 'n vorm van grafiet waar hierdie lae lank en dun is. Dit kan amper gesien word as linte gemaak uit grafiet. Indien hierdie linte saam sou pak, sal hulle vesels vorm, en dus daarvandaan die naam koolstofvesels.

Hierdie vesels word nie op hulle eie gebruik nie. Gewoonlik word hulle gebruik om materiale soos epoksiharse en ander termoset materiale te versterk. Ons noem hierdie versterkte materiale saamgestelde materiale aangesien hulle uit meer as een komponent bestaan.

Koolstofveselversterkte saamgestelde materiale is baie sterk vir hulle gewig. Hulle is meestal sterker as staal, maar heelwat ligter. As gevolg hiervan, kan hulle metale in baie toepassings vervang, van onderdele vir vliegtuie en ruimtetuie, tot in tennisrakette en golfstokke.

Koolstofvesel word gemaak van die polimeer poliakrilonitriel, d.m.v. 'n gekompliseerde verhittingsproses. Kliek hier om uit te vind presies hoe dit gedoen word.




Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi