Diëen Polimere
Die heel eerste ding wat ons moet opklaar is presies wat 'n diëen is. 'n Diëen is 'n molekule wat twee koolstof-koolstof dubbelbindings bevat. Gewoonlik as ons praat van diëen polimere, praat ons van polimere wat gemaak is van monomere met twee koolstof-koolstof dubbelbindings in die 1 en 3 posisies. Dit word hier onder aangedui.

Die monomeer wat gewys is, is butadiëen, wat gebruik word om polibutadiëen, 'n sintetiese rubber, te maak. Diëen polimere toon ooreenkomste met viniel polimere, maar viniel polimere word gemaak van monomere met slegs een koolstof-koolstof dubbelbinding.

Diëen monomere kan op meer as een manier reageer met mekaar. 'n Butadiëen kan een van drie verskillende herhaaleenhede in 'n polimeerketting wees.

Isopreen is selfs nog meer gekompliseer, en poliisopreen kan vier verskillende herhaaleenhede hê.

Aangesien die diëen polimere 'n dubbelbinding in die ruggraatketting het, kan hulle deur die proses van vulkanisasie kruisgebind word. Dit word gedoen deur die polimeer te verhit saam met swawel. Die swael reageer met die dubbelbindings op die volgende wyse:

Sonder kruisbinding sal diëen polimere sag en loperig wees as dit warm is, en hard en bros wanneer dit te koud sou raak. Maar, wanneer hulle kruisgebind is, is hulle soliede, rekbare elastomere oor 'n groot temperatuurgebied.

So hoe word diëen polimere gemaak? Poliisopreen kom van bome af. Dit word gevind in die sap van die boom hevea brasiliensis. Maar ander diëen polimere soos polibutadiëen en polichloropreen word gewoonlik gemaak deur 'n Ziegler-Natta polimerisasie.

Lees verder oor 'n diëen polimeer!


Terug na die Vlak Drie Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi