Solank as wat daar mense is, en water is om in te duik, sal mense aanhou om te duik. Deesdae, met al die polimere wat ons tot ons beskiking het, is dit veel makliker as om net jou asem vir so lank as moontlik op te hou. Jy kan nou onder die water asemhaal, en vir (byna) so lank onder bly as wat jy wil. Die duikbril en snorkel hier links het beide baie silikon rubber in. Dit is die deurskynende rubber gedeeltes wat jy sien. Ander polimere soos PVC en poliëtileen word ook hier gebruik.

Hierdie duikpakke bevat 'n ander soort rubber, naamlik chloropreen, asook spandex, wat 'n tipe poliuretaan is.

Met 'n swaar lugtenk op jou rug sal jy dalk net kan swem soos 'n klip - reguit af onder toe - as dit nie vir so 'n baadjie ('n sogenaamde bouyancy compensator) soos die een wat Candy dra, was nie. Dit word gemaak van nylon, en het lugsakke binne in gemaak van poliisobutileen, die enigste rubber wat lug vir lang tye kan stoor.

Mense is regtig nie gemaak vir swem nie. Ek skat dis seker hoekom ons nie gewebte tone het nie. Maar ten minste kan ons paddavoete of swemvinne gemaak van poliisopreen dra.

Indien jy in die vlak water sou wou rond ploeter, sal jou voete nie lank hou met al die skerp klippe en skulpe nie. Gelukkig is daar sulke skoene soos hierdie hier bo te koop. Hulle is waterdig a.g.v. die rubber sole gemaak van poliisopreen, en 'n rubber voering van chloropreen. Die buitekante is gemaak van spandex, 'n poliuretaan.

En nog skoene! Hierdie strand sandale lyk asof iemand hulle van tou gevleg het, maar is eintlik van polipropileen vesels gemaak. Polipropileen word nie sag en begin vrot as dit nat is nie, en kom dus handig by die see te pas.

Boop die water sal jy dalk so 'n jet-ski te siene kry. Die romp word gemaak van 'n baie interessante polimeer met die naam van polidisiklopentadieen. Die feit dat hierdie polimeer gemaak word d.m.v. 'n ring opening metatesis polimerisasie reaksie, maak dit 'n interessante polimeer.




Met so 'n jet-ski sal jy dalk iemand op waterskis kan sleep. Al die verkillende soorte skis word gemaak van materiale soos kevlar en poliuretane.







Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi