$ The Dollar Dungeon $

Een van die wonderlikste dinge van polimere is dat jy so baie dinge met hulle kan doen. Maar die feit dat hulle so goedkoop is slaan my nog dronk. En nêrens is dit makliker om te sien as hier waar alles so goedkoop is nie! Kom ons begin sommer by hierdie poliuretaan skuimrubber blikkie houers (dis nou vir 'n koeldrank, of soortgelyke lafenis), wat goedkoop is, maar jou koeldrank koud sal hou.

Hierdie goedkoop houers waarin 'n mens kos, of enige iets anders denkbaar in kan hou, word gemaak van polipropileen. Hoë kwaliteit bakke wat 'n mens in die mikrogolf kan sit, word gewoonlik van poliëtersulfone gemaak. Hulle is heelwat duurder, so sal nie in hierdie winkel gekry word nie!

Hierdie haarrekkies is gemaak van baie goedkoop nylon.

Bandana's net waar jy kyk! Hier is so baie verskillendes, almal gemaak van mengsels van poliëster en katoen ('n vorm van sellulose), dat jy nooit almal gedra sal kry nie.

Renmotors! Hierdie is nou nie die ware Jakob, wat van hoë werkverrigting polimere soos koolstofvesel en Kevlar gemaak word nie, maar is maar net 'n ou speeldingetjie gemaak van polistireen.

Kunsblomme was lank gelede van sy gemaak. Sy is 'n proteïn ('n natuurlike polimeer), en is baie duur. So, deesdae word die blomme sommer uit goedkoop nylon gemaak.

Tamatiesous en mostert is net die ding om te hê as jy jou vaal bord kos 'n bietjie kleur en geur wil gee. As jy so 'n spuitbotteltjie van poliëtileen het soos hierdie, dan is die kans baie minder dat AL die tamatiesous in jou bord gaan beland.



Die swaar deel is maar altyd die skoonmaak na die lekker eet. Gelukkig is daar sulke skuurders en borseltjies soos hierdie een regs beskikbaar. Die spons is gemaak van poliuretaan, en die handvatsel van poliëtileen.

Om die verbrande kos uit die pot uit te kry is nie altyd so maklik nie. Maar dan is daar altyd van hierdie skuursponsies. Die spons is gemaak, soos voorheen, van poliuretaan, terwyl die skuurkant van nylon gemaak is.

Om met die kokery te help, sal jy dalk so 'n rubber spatel nodig hê. Die rubber gedeelte is gemaak van poliisopreen en die handvatsels is gemaak van poliëtileen.



Jy mag dalk ook 'n eierspaan of lepel soos hierdie nodig hê. Hulle word gemaak (behalwe nou vir die staal handvatsels) van poliëtileen.

Dan is daar ook nog hierdie helderkleurige koppies, ook van poliëtileen gemaak.




Nadat die potte skoon gemaak is, is dit seker jou beurt. Hierdie seephouer is gemaak van poliëtileen en die stortgordyn is gemaak van polivinielchloried.





Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi