Eyeball Bonanza

Kyk, as dit darem nie vir polimere was nie, sou daar darem baie mense gewees het wat nie 'n dooie ding sou kon sien nie. Brillense is gewoonlik altyd van glas gemaak, maar vir party sou die glaslense dood eenvoudig net te dik en te swaar gewees het. En behalwe vir dit, die nadeel van glas is dat dit tog so maklik breek.

Wel, deesdae word lense meestal gemaak van 'n spesiale tipe polikarbonaat. Behalwe dat dit ligter is as glas, het dit ook 'n hoër brekingsindeks. Dit beteken dus dat sterk lense nie so dik hoef te wees nie, en ook nie so maklik van die neus sal afglip en breek nie.

Daar is ook polimere in kontaklense. Die eerste kontaklense was harde lense, gemaak van polimetielmetakrilaat. Hulle was glad nie gemaklik nie, en toe het die sagte poliakrielamied lense op die mark gekom.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi