Rodney the Roadie's Music Shop


Orals waar jy musiek kry, is daar polimere. Of dit nou by 'n groot konsert in 'n stadion is, of in jou motorhuis, omtrent alles waarmee jy te doene mag kry sal van polimere gemaak wees.

Hierdie duur akoestiese ghitaar is gemaak van koolstofvesel. Maar meeste ander ghitare word gemaak van hout. Berkehout word baie gebruik, veral vir die maak van elektriese ghitare. Hout is 'n natuurlike polimeer met die naam van sellulose. Die fritte op die nek van die ghitaar word van die plastiek polistireen gemaak.

Die klankversterkers het 'n klomp elektronika in die binnekant om, wel, die klank te versterk. Al die stroombaanborde word gemaak van epoksiharse. Net so belangrik soos die versterker is die luidsprekers. Die luidsprekers hier onder bestaan, onder andere, uit polipropileen, met 'n beskermende "gaasdraad" van nylon aan die voorkant.

Jou elektriese ghitaar so nie veel werd gewees het sonder die drade wat dit aan die versterker verbind nie. En die drade sou ook nie veel werd gewees het as hulle nie goeie isolasiemateriaal om hulle gehad het nie. Die isolasiemateriaal word gemaak van plastieke soos poliëtileen of partykeer van rubbers soos poliisopreen.

Nylon! Dit is die materiaal wat gebruik word vir die maak van die snare van hierdie klassieke ghitaar. En dit is ook waarvan die snare van die ukulele wat James vashou, gemaak is.

Hierdie skouerbande is ook van nylon gemaak. Maar dit kan ongelukkig net saam met 'n elektriese ghitaar gebruik word. As jy akoustiese ghitaar wil speel moet die skouerband wat jy gebruik geweef wees, en lyk asof dit al 20 jaar oud en baie gebruik is. So 'n band word gewoonlik gemaak van geweefde katoen, nog 'n vorm van sellulose. Daar moet ook êrens 'n stuk leer op vasgewerk wees, net om dit regtig oud te laat lyk.

Dan is daar ook nog die snaar "picks", gemaak van poliëtileen.

Watter ander instrument wil jy speel? Die klawers en ook die buitekant van hierdie elektriese klavier is van polistireen gemaak. Of, as jy van dromme hou, is daar hierdie stel, onder andere gemaak van poliëtileen.

Of jy kan die ocarina ('n soort ratel) speel. Die is gemaak van polistireen. (Indien jy gewonder het, Ocarina beteken soet patat in Italiaans).

Geen konsert sou volledig wees sonder flitsende en gekleurde ligte nie. Hierdie kleurfilters, gemaak van poliëster en sellulose asetaat is net die ding om te gebruik.


Nou nie iets wat jy sommer by 'n groot konsert sal sien nie, maar 'n trekklavier kan darem 'n lekker geraas maak. Louie wys hier hoe dit gedoen word met 'n trekklavier wat byna heeltemal uit polistireen gemaak is.



Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi