Helpful Hank's Hardware Heaven

Hier sal jy een polimeer kry wat alle ander polimere heel oordonder in hoeveelheid. Die polimeer is sellulose. Dit is so algemeen beskikbaar, dit groei sommer aan bome (regtig!). Sellulose is 'n hoofkomponent van hout, en hierdie winkel is propvol hout en houtprodukte.

Laaghout bestaan uit lae hout wat met gomme, gemaak uit polimere soos polivinielpirolidoon, aan mekaar vasgeplak word. Laaghout is dus 'n saamgestelde materiaal, gemaak uit meer as een komponent.

'n Ander saamgestelde materiaal wat byna enige iets kan regmaak is hierdie swaardiens kleefband. Dit is 'n saamgestelde materiaal wat bestaan uit 'n laag poliëtileen versterk met 'n katoen gaas. Katoen is 'n vorm van sellulose, presies dieselfde as die hout waarna ons nou net gekyk het.


Die pype onder die wasbak in jou huis is heel moontlik van PVC gemaak. PVC se volle naam is polivinielchloried. En as die toilet nie wil spoel nie, is die plastiek dobber ("float") gemaak van poliëtileen dalk stukkend. Ouer toilette het gebruik gemaak van rubbers soos poliisopreen i.p.v. poliëtileen.

Elektriese drade sou baie gevaarlik gewees het sonder isolasiemateriaal. Dit word gewoonlik van poliëtileen gemaak.

Hierdie spesiale vensters is net die ding om in die winter in jou huis te hê. Die verhoed dat die hitte na buite ontsnap, en word meestal gemaak van polimere soos polimetielmetakrielaat en polikarbonaat. Die rame word gewoonlik gemaak van polivinielchloried, dieselfde ding waarvan die pype hierbo gemaak is.

En hierdie bad en stort eenhede is gemaak van presies dieselfde materiaal as die vensters, van polimetielmetakrielaat.

En as daar dalk 'n lek onstaan, by die vensters, of by die stort, kan jy dit altyd weer waterdig maak met 'n bietjie silikon verseëlaar.

Die heel belangrikste ding vir elke doen-dit-self maniak is natuurlik 'n gereedskapgordel. Die een wat Greg dra het sakke gemaak van leer, wat van diervel afkomstig is, wat die proteïn kollageen bevat. Die gordel self is van nylon.




Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi