The Macrogalleria: A Cyberwonderland of 
Polymer Fun


Translations:
English French Portuguese (coming soon!) Spanish(translation in progress!) Russian(New!)



toegeken deur:
The Homepage for Chemists
en
Rolf Claessen's Chemistry Index


Netscape 3.0 versoenbaar. MODELLE gegenereer vir gebruik met Chime 1.0.

FILMS gegenereer vir gebruik met Macromedia Shockwave Director.

Lektore en studente, lees eers hier!

As jy net wil rond kyk, gaan gerus voort!


Welkom by Macrogalleria, die multimedia internet winkelsentrum waar daar allerhande interessanthede te leer is oor polimere en polimeerwetenskap. Eerstens moet ons darem net verduidelik presies wat 'n polimeer is. 'n Polmeer is 'n groot molekuul, en bevat duisende klein molekule wat chemies aan mekaar verbind is om een groot makromolekuul te vorm. Alhoewel die terme makromolekuul en polimeer sinonieme is, word polimeer in die meeste gevalle gebruik. Maar, ons is besig om die storie vooruit te hardloop. Op hierdie stadium mag jy dalk dink en jouself afvra, "Wat het dit alles met my te doen?". Wel, as jy lank genoeg hier bly, sal jy vinnig genoeg uitvind.

Genoeg gepraat. Klim op ons roltrap en gaan na die vloer wat jy graag wil besoek:

As jy op hierdie vlak rondloop en inloer in die winkels, sal jy sien net waar polimere orals opduik in ons alledaagse wêreld.

As jy dalk die meer avontuurlustige tipe is, kan jy sommer reguit na Vlak Twee toe gaan. Die konkrete feite oor enige denkbare polimeer is hier beskikbaar vir jou om te bestudeer.

Nou ja, as jy nou rerig waaghalsig is, waag dit om 'n bietjie hier op Vlak Drie rond te krap. Hier word die geheime van polimere, die hoekoms en die waaroms, aan die lig gebring. Volg die onderwerp wat interessant lyk vir jou, en kyk waar jy eindig!

Siende dat daar polimere is, beteken dit iemand moet hulle maak, en dis juis waarna ons op Vlak Vier kyk. Hier sal jy leer hoe omtrent alle en enige polimeer gemaak word.

Hoe ondersoek ons polimere? Hoe kry ons hulle om met ons te praat? Hierdie vlak vertel meer oor presies hoe ons 'n polimeer bestudeer nadat ons hom gemaak het.
En natuurlik, as jy wil weet wie verantwoordelik was vir dit wat jy hier sien, besoek gerus die plek waar ons erkenning aan onsself gee!


Kopiereg Voorbehou ©1995-1999 | Department van Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi