Paint and Decorating

As jy jou huis wil mooi maak het jy na die regte plek gekom. Hier is daar polimere te kies en te keur om jou huis uniek te maak.


Die matte wat verhoed dat jou voete in blokke ys verander vroeg in die oggend, word van nylon gemaak. Party maal word die matte met politetrafluoroëtileen behandel om dit vlekbestand te maak. Onder die mat kry 'n mens 'n laag poliuretaan skuimrubber, om die mat 'n bietjie sagter te maak.

Dinge kan so 'n bietjie nat raak in die kombuis en badkamer, en 'n mat mag dalk net vrot raak met so baie water in die omgewing. Dus gebruik ons linoleum, wat gemaak is van PVC of polivinielchloried, in plaas van 'n mat.


Hierdie hout vloerpanele is ook gemaak van'n polimeer, naamlik sellulose. Hierop kan jy, net soos op die linoleum, met jou sokkies rondgly.





En dan vir diegene wat voel mens het 'n bietjie matte buite ook nodig, is daar hierdie binneshuis/buitenshuise matte. Aangesien dit van polipropileen gemaak is, kan dit enige ongure weersomstandighede weerstaan. En dit sal defnitief nie vrot as dit nat word nie!

Maar eers genoeg gepraat oor vloere. So 'n entjie hoër op is daar nog polimere. Hierdie keer is dit vir die maak van tafelblaaie en werksoppervlaktes gebruik. Meeste blaaie, soos die groen een hier langsaan, word gemaak van 'n melamien-formaldehied hars. Dit word dan gewoonlik bemark onder die handelsnaam Formica.


Veral in die kombuis is hittebestande oppervlaktes 'n defnitiewe voordeel (daai warm potte!). Hierdie grys blad is gemaak van 'n mengsel van polimetielmetakrilaat en aluminium oksiedes. Die naam waaronder mens so iets in die winkel sal koop sal tien teen een Corian of Gibraltar wees.

Laastens is daar nog die mure. Daar moet sekerlik iets daaraan gedoen word, anders is jou voorland net kaal beton. Akriliese verf is nie gemaak van polimere nie. Dit bevat egter die chemiese stof metielmetakrilaat. Sodra jy hierdie mengel op die muur gesit het, sal dit begin reageer om die polimeer polimetielmetakrilaat te vorm (dit is heelwat makliker om dit aan te verf voordat dit gepolimeriseer het). Hierdie is dieslfde polimeer wat hier bo gebruik is vir die maak van kombuis werkoppervlaktes. Akriliese lateks verwe bevat ook ko-polimere van PVA of polivinielasetaat.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi