Sintese van Polikarbonaat



Die sintese van polikarbonate het twee monomere nodig: Bisfenol A en fosgeen. Kyk hier onder, of kliek hier om hulle in 3d te sien.



Ons begin eers net met bisfenol A. Ons sal later by die fosgeen kom. Die eerste stap in die sintese van polikarbonaat is die behandeling van bisfenol A met NaOH. Die hidroksielgroep sal soos basis optree, en 'n proton by bisfenol A kry. Dit vorm nou natuurlik water, en die natrium sout van bisfenol A. Dieselfde reaksie gebeur ook aan die ander punt, met die ander alkohol van die bisfenol A.

Kliek hier om 'n film van die reaksie te sien.

Nou dat die bisfenol 'n sout is, kan dit reageer met die fosgeen. Die suurstof in die bisfenol A sout het nou 'n negatiewe lading, en kan dus 'n elektronpaar aan die koolstof in die fosgeen doneer. Onthou, hierdie koolstof sal 'n tekort aan elektrone hê a.g.v. die elektronegatiewe suurstof reg langs hom. As die koolstof dus 'n paar elektrone kry van die bisfenol A sout, sal 'n elektronpaar terugskuif na die karbonielsuurstof. Die elektrone sal nou aan die suurstof 'n negatiewe lading gee.

Wel, dinge sal beslis nou nie so bly nie. Die elektrone op die suurstof sal terug skuif na die koolstof, om sodoende die koolstof-suurstof dubbelbinding her in te stel. Dit is natuurlik onmoontlik vir die koolstof om 10 elektrone te deel, en moet dus ontslae raak van twee. Die twee elektrone word dus aan een van die chlooratome (waaraan die koolstof verbind was) gegee. Die binding word gebreek, en die chlooratoom en die elektrone word dus so verwyder. Die molekule wat dus oorbly is 'n chloroformaat. Die chloriedioon wat nou vrygestel is, sal met die natrium ioon kombineer, om NaCl te vorm

Kliek hier om 'n film van hierdie reaksie te sien.

Die chloroformaat kan ook deur 'n verdere molekule bisfenol A aangeval word, asof dit fosgeen was. Die tweede molekuul sal op presies dieselfde wyse aanval as voorheen.

Dieselfde intermediaat word gevorm, en 'n soortgelyke verskuiwing van elektrone vind plaas, om 'n karbonaat bevattende spesie te vorm.

Kliek hier om 'n film van die reaksie te sien.

Nadat dit gebeur het, sal die soutgroepe op die nuwe groot molekuul met fosgeen kan reageer, en sal die molekule op hierdie wyse groei totdat dit 'n polikarbonaat lewer.

As jy 'n film wil sien van die hele proses, kliek hier.


Terug na die Polikarbonaat Bladsy


Terug na die Vlak Vier Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi