Poliëtersulfone


Poli-etersulfone, of net PES, word geklassifiseer as hoë werkverrigting polimere. Die mees populêre voorbeeld is die polimeer gemaak deur Union Carbide met die naam UdelTM. Dit is dan ook die polimeer wat voorgestel word bo aan die bladsy. Poli-etersulfone het soortgelyke eienskappe as polikarbonate, maar is heelwat meer hittebestand.

Poli-etersulfone is ook goed bestand teen water en stoom, en word dus gebruik in die vervaardiging van kookware en mediese toerusting wat gedurig gesteriliseer moet word.

Poli-etersulfone bevat eter- en sulfoon groepe in die ruggraatketting. PES polimere het hoë glasoorgangstemperature, of Tg's, omdat die sulfoongroepe so rigied is. Dit is dan ook so dat polifenielsulfoon so rigied is dat dit glad geen glasoorgangstempera- tuur het nie! Die polimeer bly kliphard tot by die temperatuur waar dit begin ontbind (so rondom 500 oC).

Dit klink miskien goed, maar dit beteken dat hierdie polimeer nie geprosesseer kan word nie. Om die polimeer egter wel prosesseerbaar te maak, as dit by 'n werkbare temperatuur sal sag word, moet die ruggraatketting meer buigbaar gemaak word. Dit word gedoen deur groepe soos die eterbindings in die ruggraatketting in te sluit, wat dus 'n minder rigiede polimeer lewer.

UdelTM gebruik 'n bisfenol A afgeleide binding om die ketting minder rigied te maak. Let op dat die polimeer twee eter bindings in die herhaaleenheid het. Dit is dan ook die rede waarom UdelTM ook party maal 'n poli-eter-eter-sulfoon genoem word.

Dit word 'n bisfenol binding genoem aangesien dit gebaseer is op die monomeer bisfenol A. Maar meer later hieroor.

Hierdie veranderinge bring die Tg af na 190 oC. Deur verder rond en ander buigbare groepe te gebruik, kan die Tg nog verder verander word. As ons 'n meer rigiede binding sou gebruik, sal die Tg maklik weer spring tot 230 oC.

Die PES wat deur ICI gemaak word, word Polyether Sulfone 200 TM genoem. Anders as UdelTM het hierdie polimeer net een eterbinding tussen die sulfoon groepe. Dit maak die ketting meer rigied, en die Tg hoër.

Maar die vraag is sekerlik nou, "Maar hoe maak 'n mens dan hierdie wonderlike poliëtersulfone?" Die antwoord is dus: In die reaksie reageer die natriumsout van bisfenol A (onthou jy dit nog?) met die di-para-fluorofenielsulfoon in 'n oplosmiddel soos dimetielsulfokised (DMSO) teen tussen 130 en 160 oC.

En dis hoe 'n mens die polimeer poli-etersulfoon kry.


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi