Big Splash Pool Palace

Greg is so opgewonde omdat hy hier in die swembad winkel is, hy het sommer al sy duikbril opgesit. Die rede hiervoor is omdat hy weet dat daar geen beter plek is om in die wêreld van polimere in te duik nie. Hier is so baie polimere rondom hom, hy verdrink byna in hulle! Wel, laat ons kyk watter polimere dryf hier rond. Eerstens, die duikbril wat hy dra, bevat baie rubbers, materiale soos poliisopreen en polibutadiëen. Partymaal word selfs die brillens van 'n polimeer soos polikarbonaat gemaak.

In die goeie ou dae was 'n swembad net 'n groot gat in die ground met mure van beton. Maar, deesdae word daar 'n sagte buigsame voering in die gat geplaas. Hierdie voering word van PVC gemaak. Bo-grondse swembaddens, soos hierdie een hier langsaan, gebruik al vir baie jare PVC as voering.

Hierdie jacuzzi (of warmbad, of lekker groot sop pot, net soos jy wil) is ook van polimere gemaak. Die oppervlak is gemaak van polimetielmetakrilaat. Dit word ook gebruik vir die maak van Plexiglass.

Swem is altyd lekker, maar verdrink defnitief minder lekker. Hierdie reddingsgordel mag dalk help, en is gemaak van skuimrubber ("styrofoam"), wat 'n ander vorm van polistireen is. Die tou rondom die gordel is ook gemaak van 'n polimeer, naamlik nylon. Nylon is baie beter bestand teen water as katoen toue (wat gemaak word van sellulose, ook 'n polimeer).

As mens natuurlik 'n opblaasbare speelding het soos hierdie een (wat op aarde is dit?) wat gemaak is van poliëtileen, of partymaal ook PVC, is swem nog lekkerder.

Swem is harde oefening, maar gelukkig is daar ook drywende stoele soos hierdie een om so 'n bietjie te kan onstpan na te veel kalorieë verbrand is. Die sitplekmateriaal word gemaak van polipropileen. Die armleunings, wat ook die stoel laat dryf, is hol en gemaak van poliëtileen.

Vir die vir wie sit nog te veel werk is, is daar sulke matrasse soos die een wat Stacey vashou. Die buitekant is gemaak van PVC, en die binnekant gevul met skuimrubber ("styrofoam", of sommer net polistireen) om dit te laat dryf.

Ongelukkig kan daar nie net gespeel word in die swembad nie, maar daar moet ook gewerk word. Hierdie nylon nette help om die blare en dooie goggas uit die swembad te kry.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi