Polivinielchloried


Vir 'n vinnige oorsig oor polivinielchloried, kliek hier!

Polivinielchloried is die plastiek wat orals bekend is as PVC. Dit is die PVC waarvan pype gemaak word, en PVC pype is orals! Die pype in jou huis is tien teen een van PVC, behalwe as dit 'n ouer huis is. Verder word PVC ook gebruik om linoleum te maak, wat as 'n vloerbedekking gebruik word. In die sewentiger jare is PVC ook gebruik om die afslaandakke van motors te maak.

PVC is 'n viniel polimeer.Dit lyk baie dieselfde as poliëtileen, maar op elke tweede koolstofatoom in die rugraatketting, is een van die waterstowwe met 'n chlooratoom vervang. Die polimeer word gesintetiseer deur die vrye radikaal polimerisasie van vinielchloried.

En dit is hoe die monomeer vinielchloried lyk:

PVC het sy onstaan eerder aan 'n slegte besigheidsbesluit te danke as aan die vermoëns van een of ander wetenskaplike. Omtrent 'n honderd jaar gelede het 'n paar Duitse entreperneurs besluit om ryk te word deur asetileen te verskaf vir gebruik in asetileen lampe as beligting in mense se huise. Wel, net toe hulle begin het om tonne asetileen te produseer vir gebruik in die lampe wat hulle wou verkoop, is nuwe meer effektiewe elektriese generators ontwikkel. Dit het beteken dat die prys van elektrisiteit geval het, en dat niemand meer in asetileen belanggestel het nie. Wel, daar was toe heelwat asetileen beskikbaar wat niemand eintlik wou hê nie.

'n Duitste chemikus het toe probeer om iets met die asetileen te doen, en het die asetileen met soutsuur (HCl) laat reageer. Hierdie reaksie produseer vinielchloried, maar niemand het dit op hierdie stadium besef nie. Hy het die mengsel toe op die rak gelos, waar dit gepolimeriseer het oor 'n tydperk. Wel, hy het nie eintlik geweet wat om met die PVC wat hy gemaak het te doen nie. Hy het dit toe aan sy baas vertel, wat dit gepatenteer het. Maar, ongelukkig vir hulle, het die patent reeds verval toe daar uiteindelik 'n gebruik vir die nuwe materiaal gevind is.

Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in:


Bron: Burke, James; Connections, Little, Brown and Co.; Boston; 1978.

Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi