Polivinilideenfluoried


Vir 'n vinnige oorsig oor polivinilideenfluoried, kliek hier!

Polivinilideenfluoried, of PVDF, het 'n paar uitstekende eienskappe. Dit het baie hoë elektriese weerstand, en is baie moeilik brandbaar. As jy hierdie twee eienskappe kombineer, is dit duidelik dat PVDF 'n uitstekende materiaal sal maak vir gebruik as isolasiemateriaal om elektriese drade, veral drade wat warm sou raak tydens gebruik. Dit beteken dus dat die drade in die rekenaar waarop jy nou werk PVDF isolasiemateriaal om het. Ook kabels in vliegtuie maak gebruik van PVDF, aangesien nie-brandbare materiale van die uiterste belang op vliegtuie is. Verder is dit ook chemies weerstandbiedend, en word gebruik in die chemie industrie vir die maak van pype en bottels en houers wat chemikalieë moet hou.

'n Verdere interessante eienskap van PVDF is dat dit 'n piezoelektriese materiaal is. Dit beteken dat indien dit in 'n elektriese veld geplaas word, dit van vorm sal verander.

Hoekom?

Aangesien fluoor soveel meer elektronegatief is as koolstof, sal die fluoor atome die elektrondighteid op die koolstofatome waaraan hulle geheg is verlaag. Dit beteken dus dat die -CF2- groepe in die kettings baie polêr sal wees, met 'n parsiele negatiewe lading op die fluooratome en 'n parsiele positiewe lading op die koolstofatome. Indien die polimeer dan in 'n elektriese veld geplaas word, sal die groepe probeer oriënteer in die laagste moontlike energie konformasie. Met al hierdie -CF2 groepe wat van posisie wil verander, sal die hele polimeer gedeformeer word.

En hier is die bruikbare uitvloeisel hiervan:

As jy die polimeer in 'n alternerende elektriese veld sit, sal dit vibreer deur eers in die een rigting en dan in die ander te deformeer. Hierdie vibrasie kan gebruik word om klank te produseer. Dit is hoe piezoelektriese luidsprekers werk.

PVDF word gesintetiseer d.m.v. 'n vrye radikaal viniel polimerisasie van die monomeer vinilideenfluoried:

Die monomeer vinilideenfluoried in 3d:

Wat van nog 'n paar gehalogeneerde polimere? Probeer gerus een van hierdie:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi