Poli-(stireen-butadïeen-stireen)


Vir 'n vinnige oorsig oor SBS rubber, kliek hier!

Poli-(stireen-butadïeen-stireen), of SBS, is 'n harde rubber, wat gebruik word vir die maak van skoensole, motorbandloopvlakke, en vele ander plekke waar duursaamheid belangrik is. Dit is 'n tipe kopolimeer wat 'n blok kopolimeer genoem word. Die ruggraatketting bestaan uit drie segmente. Die eerste is 'n lang ketting polistireen, die middelste deel 'n lang ketting polibutadïeen, en die laaste weer 'n lang ketting polistireen. Hier is 'n voorstelling van die polimeer:

Polistireen is 'n onbuigsame, harde plastiek, wat aan SBS sy duursaamheid verleen. Polibutadïeen is 'n rubberagtige materiaal, en verleen aan SBS sy rubberagtige eienskappe. Verder neig die polistireen kettings om in groepies bymekaar te kom. Indien die een polistireen ketting van 'n SBS molekuul aan een groepie polistireen kettings behoort, en die ander ketting aan 'n ander groepie polistireen kettings, sal die twee verskillende groepe kettings d.m.v. rubberagtige polibutadïeen kettings aan mekaar gelas word. Dit verleen aan die materiaal die vermoë om sy vorm weer in te neem nadat dit vervorm is.

SBS word gemaak deur die interessante proses van lewende anioniese polimerisasie. Kliek hier as jy meer wil uitvind oor hierdie proses.

SBS is ook 'n ongewone tipe materiaal wat 'n termoplastiese elastomeer genoem word. Hierdie materiale tree op soos elastomeriese rubbers by kamertemperatuur, maar indien hulle verhit word kan hulle soos gewone plastieke geprosesseer word. Meeste tipe rubbers is moeilik om te prosesseer, aangesien hulle gekruisbind is. Maar SBS en ander termoplastiese elastomere kan rubberagtig wees sonder kruisbinding, en maak dit dus soveel makliker om hulle in allerhande interessante en handige vorms te kan maak.

Ander polimere wat as rubbers gebruik word, sluit in:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi