Firewalker's Shoe Store


Polimere word elke dag misbruik, want ons staan en loop elke dag op hulle rond. Elke skoen waaraan jy kan dink is gemaak van een of ander polimeer. Baie word gemaak van leer, wat een van die baie natuurlike polimere is. Die drafskoen hier bo het panele wat van leer en nylon gemaak is. Die sool is gemaak van harde SBS rubber. Baie van dieselfde dinge gaan ook in hierdie stapskoene in, met ekstra poliuretaan skuimrubber binne in om jou voete te pamperlang.

Veters word gemaak van polimere soos nylon en katoen ('n vorm van die natuurlike polimeer sellulose).

Duurder skoene word gewoonlik gemaak van leer, maar goedkoop draskoene soos hierdie word maar meestal gemaak van PVC.

Hier is iets wat jy nou nie elke dag sien nie. 'n Leer skoen wat met PVC bedek is om dit sinteties te laat lyk. Nou wonder ek net hoekom?

Hierdie reenboog skoene, so reg uit die sewentiger jare uit, word gemaak van poliëtileen.

Ek weet nie wat om hierdie tipe skoen te noem nie. Wat ek wel weet is dat dit jou voete op 'n nat dag lekker droog sal hou, aangesien dit gemaak is van natuurlike rubber, of poliisopreen.

Hierdie hoë hak skoene is gemaak van leer (en hoekom enige iemand dit sal wil dra weet ek nie!)

Niks soos 'n lekker paar sokkies om jou voete warm te hou nie. Sonder natuurlike polimere soos katoen, en sintetiese materiale soos poliëster en nylon sou daar sekerlik nie so iets soos sokkies gewees het nie. Met die hulp van nog 'n natuurlike polimeer,natuurlike rubber, word daar gesorg dat jou sokkies nie aanmekaar afsak nie.

Hierdie stewels is van PVC gemaak. Maar dit maak hulle glad nie mooi nie!


Hierdie Nederlandse klompe is gemaak van hout, wat 'n vorm van sellulose is.





Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi