Silikoon Sintese

Keywords
ringopening polimerisasie
Op hierdie bladsy sal jy sien hoe maklik dit is om polisiloksane te maak. Sulke polimere word gewoonlik gemaak van monomere soos byvoorbeeld oktametielsiklotetrasiloksaan. En dit is hoe ons dit gewoonlik voorstel:


As jy wil sien hoe dit in 3d lyk, kliek gerus hier.

Indien hierdie molekules in aanraking kom met basisse soos NaOH, begin dinge gebeur. 'n Hidroksiedgroep sal 'n paar elektrone doneer aan een van die silikonatome in die ring, wat dit heel maklik sal aksepteer. Die enigste probleem is net dat die silikon reeds sy volledige hoeveelheid (8) elektrone het. Dit kan nie 10 hê nie, en raak dus ontslae van 'n paar. Die paar waarvan dan ontslae geraak word is die wat die silikon-suurstofbinding maak. Die paar word ten volle na die suurstof geskuif, en hef dan die Si-O binding op.

Kliek hier om 'n film te sien van hierdie reaksie.

Wanneer hierdie binding gebreek word, is die ring natuurlik nie meer 'n ring nie. Dit is nou oop. Verder dra die suurstof wat die ekstra elektronpaar gekry het nou 'n negatiewe lading. Dit kan 'n tweede monomeermolekuul aanval, presies net soos die hidroksied die eerste aangeval het.

Wel, dit lei natuurlik nou net tot een ding. Soos meer monomere bygevoeg word, sal ons uiteindelik 'n polisiloksaanketting vorm.

Aangesien die monomeer ringe oopgemaak word om 'n polimeer te maak, is dit natuurlik 'n ringopening polimerisasie.


Terug na die Silikoon Bladsy


Terug na die Vlak Vier Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi