Tons o'Toys

Jonk of oud, almal hou van speelgoed. En net om dit te staaf wys Marilyn haar vlieënde eekhorinkie gemaak uit poliisopreen rubber en poliuretaan skuimrubber. Kom loer gerus in, en kyk of hier nie 'n polimeer is waarvan jy hou nie!

Sowaar! 'n Zebra, 'n renoster, 'n padda en 'n brachiosaurus... Almal weereens gemaak uit poliisopreen.

En al die diere hier regs is opgestop met poliuretaan skuimrubber. En hulle hare, velle en pelse word gemaak van poliakrilonitriel, en as daar dalk 'n vis of twee is, word hulle skubbe van nylon gemaak.

Is robotte dalk jou tipe speelding? Hierdie een is van polistireen gemaak. Die elektriese drade bevat isolasiemateriaal gemaak van poliëtileen en poliisopreen. En as daar stroombaanborde binne die robot is, sal dit tien teen een van epoksihars gemaak wees.

As jy jou buurman so 'n bietjie wil afloer, dan is hierdie poliëtileen periskoop net die ding om te hê.

Wat om hierdie speelding te noem weet ek nie. Maar ek kan jou vertel wat dit doen. Dit is 'n buis, gemaak uit poliëtileen, gevul met polistireen balletjies. As jy die geel ring op en af langs die buis stoot, genereer jy statiese elektrisiteit wat die balletjies aan die binnekant van die buis laat vassit. Mmhh?

Hierdie waaiertjie (of windmeultjie) is gemaak van mylar. Dit is 'n saamgestelde materiaal,d.w.s saamgestel uit meer as een komponent. Mylar word gemaak van aluminium foelie wat vasgeplak is op stukke poliëster. Dit word ook gebruik om daai snaaksgevormde ballone te maak.

Hierdie is nie 'n see-anemoon nie, maar eerder 'n land-anemoon. Dit word gemaak van poliisopreen.

Ons het altyd die speletjie buite gespeel, maar as dit gereën het was dit die einde gewees. Wel, met hierdie poliuretaan skuimrubber stel, is reën geen meer probleem nie (en jy hoef ook nie op jou ma se matte te teken nie!).

Daar is min dinge wat kom by sandkastele bou. Hierdie poliëtileen grafie en emmertjie is net die regte gereedskap. Die net waarin hulle hang is van nylon gemaak.

Gewoonlik koop pa's radiobeheerde motors vir hulle kinders sodat hulle daarmee kan speel. Hierdie een se bakwerk is van polistireen en die wiele van poliisopreen gemaak.

Laastens is daar hierdie pen wat net soos 'n haai lyk, maar net soos 'n pen skryf! Die hele haai is van poliëtileen gemaak.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi