Vinielpolimere

Vinielpolimere is polimere wat van viniel monomere gemaak word, d.w.s. klein molekules wat koolstof-koolstof dubbelbindings bevat. Hulle is die grootste polimeerfamilie. Kom ons kyk hoe 'n mens van 'n vinielmonomeer tot 'n vinielpolimeer kom deur van die eenvoudigste vinielpolimeer, poliëtileen as voorbeeld gebruik te maak. Poliëtileen word gemaak van die monomeer etileen, wat ook eteen genoem word. As dit gepolimeriseer word, word die etileen molekules verbind om 'n lang enkelbinding bevattende ketting van koolstofatome te lewer.


Meer gesofistikeerde vinielpolimere word van monomere gemaak waarin een of meer van die waterstofatome van etileen vervang is met ander atome of groepe atome. Kyk wat die uitwerking van die vervanging van net een van daardie waterstofatome is. Dit lewer 'n hele reeks plastieke:

Polipropileen


Polistireen


Polivinielchloried


Deur twee van die waterstofatome op dieselfde koolstofatoom te vervang, kry ons poliisobituleen, 'n tipe rubber.


of polimetielmetakrilaat


Daar is nie baie monomere waar die waterstofatome op beide koolstowwe vervang is, wat steeds sal polimeriseer nie. Maar een polimeer wat gemaak word van 'n monomeer met substitusies op beide koolstowwe is politetrafluoroëtileen, wat DuPont maak en Teflon noem.


Vinielpolimere word gemaak van vinielmonomere in 'n verskeidenheid van maniere, soos byvoorbeeld:


Terug na die Vlak Drie Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi