Daar is egter een groot verskil. In stysel is al die glukose eenhede in dieselfde rigting georienteer. Maar in sellulose is elke tweede glukose eenheid 180 grade ten opsigte van die as van die polimeer ruggraatketting gedraai.
As wetenskaplikes oor hierdie verskille praat, word daar gesê dat die glukose eenhede in stysel via alfa bindings en die in sellulose via beta bindings aan mekaar gekonnekteer is.
Die vraag is egter of dit 'n verskil maak? En die antwoord is ja! Een van die grootste (en seker vir ons die belangrikste) verskil is dat jou liggaam stysel kan verteer, maar nie sellulose nie. Jou liggaam bevat ensieme wat alfabindings (in stysel) kan afbreek om glukose te lewer, maar nie die betabindings (in sellulose) nie. Party insekte en diere, soos termiete wat hout eet, en beeste wat gras eet, kan sellulose afbreek om glukose te lewer. So moet eerder nie probeer om hout of gras te eet nie.
Sellulose is heelwat sterker as stysel. Stysel is byna heeltemal waardeloos as 'n bruikbare materiaal, maar sellulose is sterk genoeg om vesels van te maak, en om tou en klere te kan lewer. Sellulose los ook nie op in water nie, en sal ook nie so maklik afbreek soos stysel nie. Dit sal nie eintlik voordelig gewees het as sellulose in water opgelos het nie. Alle hout huise en bankies in parke sou opgelos het met die eerste reenbui. En klere sou ook nie lank gehou het as dit in water opgelos het nie.