Die eerste van die twee buise bevat 'n lae molekulêre gewig polimeer met epoksigroepe as eindgroepe. Dit is die molekuul wat voorgestel word in die model hier bo. Die struktuur lyk as volg:
In hierdie prepolimere kan n so hoog as 25 wees, maar die diëopksi is gewoonlik maar 'n klein molekuul met twee epoksigroepe op die punte, soos hierdie voorbeeld:
As beide die buisies kleefmiddel vloeistowwe bevat, dan is die diëpoksi heel moontlik so 'n klein molekuul. Die groter prepolimere is gewoonlik vaste stowwe by kamertemperatuur. As n naby aan 25 kom, dan is die diëpoksi gewoonlik 'n harde plastiek by kamertemperatuur. Sulke verbindings moet dan eers verhit en gesmelt word voor dit met die ander deel gemeng kan word.
So gepraat van die ander deel. Die tweede deel is 'n diamien, wat so lyk:
As jy die twee dele meng (dit is nou die diëpoksi en die diamien), sal hulle reageer, en met mekaar op die volgende manier verbind:
Kliek hier as jy wil sien hoe die reaksie werk.
Wel, die eindproduk is nie 'n lineêre polimeer nie. Dit is egter wel 'n kruisgebinde netwerk, wat amper so sal lyk:
Ja, die eindproduk is nou nie meer afsonderlike molekules nie, maar een groot makromolekuul. As dit gebeur is die resultaat 'n harde stof wat baie sterk is, en nie meer verwerk kan word nie. Die vorm kan nie meer verander word nie, en dit kan ook nie gesmelt word nie. Nou ja, dit gee nou die antwoord hoekom die twee dele afsonderlik verpak word. As dit nie so was nie, sou jy net 'n soliede blok polimeer gekoop het, wat nie van veel waarde as 'n kleefmiddel sou wees nie.
Daar is egter nog een vraag. Waar kom die lae molekulêre gewig polimeer vandaan, die een met die epoksigroepe. Dit word gemaak deur bisfenol A met epichlorohidrien te reageer, in die teenwoordigheid van NaOH as 'n katalis. As jy wil uitvind hoe dit werk, en hoe ons die grote van hierdie prepolimeer beheer, kliek hier.
Epoksiharse is uitstekende kleefmiddels, en is een van min wat op metale gebruik kan word. Maar dit word ook gebruik as beskermende lae/bedekkings, op elektroniese stroombaanborde, en ook om gate in sypaadjies reg te maak. En as dit nog nie genoeg is nie, word dit ook gebruik om saamgestelde materiale te maak. Een proses wat gebruik word vir die vervaardiging van saamgestelde materiale met epoksies, is die SCRIMP proses.