Proteïne is natuurlik gevormde poliamiede. D.w.s. dit bevat amiedgroepe in die ruggraatketting. Hier onder is 'n voorbeeld van 'n amiedgroep, en onder dit 'n poliamied:
Die R wat jy daar tussen die amiedgroepe sien, kan basies enige iets wees. In die geval van proteïne is R net 'n enkele koolstofatoom, met twee groepe aan die koolstof verbind. Een van hierdie groepe is altyd 'n waterstofatoom, en die ander een 'n veranderlike groep. In die volgende figuur word hierdie veranderlike groep net as R' voorgestel.
So, die struktuur van proteïne is nou opgeklaar, maar hoe maak die liggaam proteïne?
Die monomere wat gebruik word om proteïne te vervaardig, word aminosure genoem. Die reaksie lyk as volg:
Daar is twintig verskillende aminosure. Kliek hier om na hulle te kyk. Elkeen van hierdie twintig het 'n ander R' groep. Verder het elke proteïn 'n baie spesifieke volgorde van aminosure, en is daar dus 'n baie spesifieke volgorde van R' groepe gekoppel aan die ruggraatketting. Dit is hierdie spesifieke volgorde wat proteïne se eienskappe bepaal.
Sy bestaan ook uit proteïne. En wetenskaplikes het toe probeer om sintetiese sy te maak. Hulle het dit probeer doen deur sintetiese poliamiede te maak, en hulle het dit reggekry. Hierdie sintetiese poliamiede word nylons genoem.
Vir nog natuurlike polimere, kyk 'n bietjie na die volgende klomp: