Wel, met nylon op die horison, was daar geen probleme meer met sykouse nie. Nog voor die dae van sykouse of valskerms, is nylon se heel eerste gebruik tandeborselhare gewees. Maar die geld het ingestroom met die maak van sykouse. Die nuwigheid was so gewild dat daar selfs vuis geslaan is om 'n paar nylon sykouse in die hande te kry.
Nylons word ook poliamiedes genoem, as gevolg van die karakteristieke amiedgroepe in die ruggraatketting. Proteïne, soos sy, wat deur nylon vervang is, word ook as poliamiede geklasifiseer. Die amiedgroepe is baie polêr, en kan waterstofbindings met mekaar vorm. A.g.v. die waterstofbindings, en die feit dat die ruggraatketting so herhaalbaar en simmetries is, is die nylons meestal kristallyn, en maak uitstekende vesels.
Die nylon in die figuur hierbo word nylon 6,6 genoem, aangesien elke herhaaleenheid van die polimeerketting twee dele van 6 koolstofatome elk lank het. Ander nylons kan verskillende hoeveelhede koolstofatome in hierdie herhaaleenhede hê.
Nylons kan gemaak word van disuurchloriede en diamiene. Nylon 6,6 word van die monomere adipoïelchloried en heksametileendiamien gemaak.
Dit is 'n manier om nylon 6,6 in die laboratorium te maak. Maar in 'n fabriek word dit gewoonlik gemaak deur adipiensuur met heksametileendiamien te reageer:
As jy wil weet hoe dit werk, kliek hier.
'n Ander tipe nylon is nylon 6. Dit is baie soos nylon 6,6 , met die uitsondering dat dit slegs een tipe koolstofherhaaleenheid het (wat 6 koolstofatome lank is).
'n Familie nylons met hulle eie blad, is die aramiede.