Kom ons kyk wat se polimere kan ons hier in die musiekwinkel kry. En dit lyk asof daar nogal heelwat is:

Die kompakte skywe (CD's) wat klanke so getrou weergee, word gemaak van polikarbonaat, wat ook gebruik word vir die maak van splintervrye ("shatterproof") vensters. Die houer waarin die kompakte skyf kom, word gemaak van polistireen.

'n Kasset band bestaan uit baie dele, baie van polimere gemaak. Weereens word die houer van polistireen gemaak. Party dele van die kasset word van nylon gemaak, terwyl daar onder andere ook van poliëtileen gebruik gemaak word. Selfs die t-hemde met you gunsteling popgroep se naam op word van polimere gemaak. Hierdie "Fresh Road Kill" t-hemp word gemaak van katoen vesels, 'n vorm van die polisakkaried sellulose.

Hierdie kompakte skyf kabinette is gemaak van hout, wat 'n ander vorm van sellulose is.


Terug na die Vlak Een Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi