Nylons




Vir 'n vinnige oorsig oor Nylon 6,6 , kliek hier!
Vir 'n vinnige oorsig oor Nylon 6 , kliek hier!

Nylons is seker die polimeer in mees algemeenste gebruik as 'n vesel. Nylon word omtrent altyd in klere gevind, maar word ook op ander plekke in die vorm van termoplastieke gevind. Die storie word dikwels vertel dat nylon 'n sukses gedurende die Tweede Wêreldoorlog geword het toe dit as plaasvervanger vir sy in valskerms gebruik is. Die waarheid is egter dat daar genoeg sy was vir valskerms, maar dat daar toe nie genoeg sy oor was vir die maak van sykouse nie. Wel, dit het baie vrouens koud gelaat, en 'n plan moes gemaak word!

Wel, met nylon op die horison, was daar geen probleme meer met sykouse nie. Nog voor die dae van sykouse of valskerms, is nylon se heel eerste gebruik tandeborselhare gewees. Maar die geld het ingestroom met die maak van sykouse. Die nuwigheid was so gewild dat daar selfs vuis geslaan is om 'n paar nylon sykouse in die hande te kry.


Nylons word ook poliamiedes genoem, as gevolg van die karakteristieke amiedgroepe in die ruggraatketting. Proteïne, soos sy, wat deur nylon vervang is, word ook as poliamiede geklasifiseer. Die amiedgroepe is baie polêr, en kan waterstofbindings met mekaar vorm. A.g.v. die waterstofbindings, en die feit dat die ruggraatketting so herhaalbaar en simmetries is, is die nylons meestal kristallyn, en maak uitstekende vesels.

Die nylon in die figuur hierbo word nylon 6,6 genoem, aangesien elke herhaaleenheid van die polimeerketting twee dele van 6 koolstofatome elk lank het. Ander nylons kan verskillende hoeveelhede koolstofatome in hierdie herhaaleenhede hê.

Nylons kan gemaak word van disuurchloriede en diamiene. Nylon 6,6 word van die monomere adipoïelchloried en heksametileendiamien gemaak.

Dit is 'n manier om nylon 6,6 in die laboratorium te maak. Maar in 'n fabriek word dit gewoonlik gemaak deur adipiensuur met heksametileendiamien te reageer:

As jy wil weet hoe dit werk, kliek hier.

'n Ander tipe nylon is nylon 6. Dit is baie soos nylon 6,6 , met die uitsondering dat dit slegs een tipe koolstofherhaaleenheid het (wat 6 koolstofatome lank is).

Dit word gemaak deur middel van 'n ringopeningspolimerisasie van die monomeer kaprolaktaam. Indien jy meer wil uitvind oor hierdie polimerisasie reaksie, kliek hier. Nylon 6 se eienskappe verskil nie veel van die van nylon 6,6 nie. Die enigste rede hoekom beide gemaak word is die feit dat DuPont nylon 6,6 gepatenteer het, en ander maatskappye toe nylon 6 moes uitvind om ook nylon te kon verkoop.

'n Familie nylons met hulle eie blad, is die aramiede.

Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in: Ander polimere wat gebruik word as vesels sluit in:
Polipropileen Polipropileen
Poliësters Poliësters
Polistireen Poliëtileen
Polikarbonaat Kevlar en Nomex
PVC Poliakrilonitriel
Poliëtileen Sellulose
Polimetielmetakrilaat Poliuretaan


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi