Polikarbonate


Vir 'n vinnige oorsig oor polikarbonaat, kliek hier.

Polikarbonaat, of meer spesifiek polikarbonaat van bisfenol A, is 'n deursigtige plastiek wat gebruik word in splintervrye vensters, liggewig brillense ens. General Electric vervaardig en verkoop dit onder die handelsnaam van Lexan.

Polikarbonaat kry sy naam van die karbonaatgroep in die ruggraatstruktuur van die ketting. Dit word eintlik polikarbonaat van bisfenol A genoem aangesien dit gemaak word van bisfenol A en fosgeen. Dit reaksiereeks word begin met die reaksie van bisfenol A en natrium hidroksied, om die natriumsout van bisfenol A te verkry.

Hierdie natrium sout reageer dan met fosgeen in 'n volgende reaksie om die polikarbonaat te lewer. Fosgeen is 'n giftige gas wat baie as chemiese wapen in die Eerste Wêreldoorlog gebruik is.

En as dit nog nie genoeg chemie is nie, volg gerus hierdie pad vir meer inligting!

'n Ander polimeer wat gebruik word vir die maak van onbreekbare vensters is polimetielmetakrilaat.

'n Helder Prentjie van 'n Ander Polikarbonaat

Tot nou toe is daar nog net een polikarbonaat bespreek, nl. die polikarbonaat van bisfenol A. Maar daar is 'n ander polikarbonaat wat baie van ons in die gesig staar. Wel, daar is diegene van ons wat net sal staar en nooit sal sien sonder hierdie polimeer nie. Dit is die polikarbonaat wat gebruik word vir die maak van ultra-liggewig brillense. Vir mense wat baie slegte oë het, sou brillense so dik gemaak moes wees om te kan sien, dat dit te swaar sou wees om te dra. Hierdie nuwe polikarbonaat lense is nie net ligter as gewone glas nie, maar die brekingsindeks is ook heelwat hoër as die van gewone glas. Dit beteken dus dat dit lig meer gebuig word, en dat die lense dus nie naastenby so dik soos voorheen hoef te wees nie.

Nou wat is hierdie wonderlike nuwe polikarbonaat, wonder jy seker? Wel, dit is baie verskillend as die polikarbonaat van bisfenol A. Die reaksiereeks word begin met hierdie monomeer:

Daar is twee allielgroepe teenwoordig op die punte van die molekuul. Hierdie allielgroepe bevat koolstof-koolstof dubbelbindings, wat dus volgens 'n vrye radikaal viniel polimerisasie kan reageer. Aangesien daar twee allielgroepe op elke monomeer is, sal die allielgroepe in verskillende polimeerkettings geïnkorporeer word. Op so 'n wyse sal al die kettings aan mekaar verbind word om 'n kruisgebinde materiaal te vorm wat as volg sal lyk:

Soos jy dus kan sien vorm die karbonaat-bevattende groepe (in blou) die kruisbindings tussen die polimeerkettings (in rooi). Dit is hierdie kruisbinding wat die materiaal baie sterk maak, sterk genoeg om nie maklik te breek as dit val nie.


Ander polimere wat as plastieke gebruik word sluit in:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi