Meeste van die winkels in die sentrum verkoop goed wat van polimere gemaak is. In hierdie winkel sal jy sien wat jy alles kan maak met polimere. Ons begin sommer heel bo, met die groot sak poliëster wat gebruik kan word om kussings, speelgoed of donskomberse mee te stop. Die interessantste is dat hierdie polimere tien teen een oorspronklik gemaak is in die vorm van koeldrankbottels. Nie sleg om 'n kussing met koeldrankbottels op te stop nie!
Vir die buitekant van die meesterlike donskombers wat jy besig is om te maak (uit ou koeldrankbottels uit) sal jy materiaal soos op die rolle hier regs of onder wil gebruik. Hierdie materiale word gemaak uit mengsels van poliëster en katoen. Katoen is ook 'n polimeer, 'n vorm van sellulose.
As jy natuurlik jou donskombers met 'n bietjie borduurwerk wil versier, sal jy garing nodig hê. Garing kan gemaak word van nylon, poliëster, of poliakrilonitriel. Die raam waarin jy jou borduurwerk gaan doen sal dalk van poliëtileen gemaak word.
Hou dalk eerder van brei? Wel, dan help dit gewoonlik om wol te hê. Hierdie wol is gemaak (ja, nie van wol nie), maar van poliakrilonitriel. Maar 'n mens kan ook patrone en prente maak van wol as jy poliëtileen template het soos hierdie.
Vir die maak van klere het 'n mens dalk ook rek nodig. Dit word gemaak van
poliester, met poliisopreen rubber in om dit te laat rek.
Geen skoolprojek is volmaak sonder 'n model van foamalite/styrofoam skuimplastiek nie. Dit is natuurlik 'n verwerkte vorm van polistireen.
Dit lyk altyd so maklik om te verf as dit op TV gewys word. Wel, al hierdie verwe word gemaak van metielmetakrilaat. Wanneer dit droog, reageer dit en vorm die polimeer polimetielmetakrilaat.
Het jy ook probeer om modelle te bou toe jy klein was?
Wel, my probeerslae het nooit soos die op die prentjie gelyk nie,
maar dit was darem ook van polistireen gemaak!
As daar siekte of verjaarsdae in die omtrek is, is dit altyd handig om
ballonne soos hierdie byderhand te he. Hulle word gemaak van mylar,
'n saamgestelde materiaal. Dit word vervaardig deur lae poliëster en foelie saam te voeg.
En as jy 'n paar blomme wil saam stuur, probeer hierdie syblomme
wat eintlik nylon blomme is. Die varing hieronder is ook van nylon gemaak, en hang aan 'n polipropileen tou.
Indien jy van kunsblomme hou, is hierdie "styrofoam / foamalite" staander net
die ding om hulle in te rangskik. Jy kan natuurlik ook hierdie vorm van
polistireen gebruik as 'n post-moderne
minimalistiese Kersboom, as jy wil?