Poliisobutileen


Vir 'n vinnige oorsig oor poliisobutileen, kliek hier!

Poliisobutileen is 'n sintetiese rubber, of elastomeer. Hierdie is die enigste rubber wat nie deurlaatbaar is vir gas nie, d.w.s dit is die enigste rubber wat gas kan binne hou vir 'n lang tydperk. Jy mag dalk al gesien het dat 'n ballon na 'n paar dae pap raak. Dit gebeur omdat dit van poliisopreen gemaak is, wat deurlaatbaar is vir gas. Aangesien poliisobutileen lug binne sal hou, word dit gebruik om die binnekante van bande en balle (soos basketballe) mee uit te voer.

Poliisobutileen, somtyds ook butielrubber of PIB genoem, is 'n viniel polimeer, en baie soortgelyk in struktuur aan poliëtileen en polipropileen. Die verskil is egter dat elke tweede koolstofatoom twee metielgroepe bevat. Dit word vervaardig van die monomeer isobutileen, deur middel van 'n kationiese viniel polimerisasie.

En dis soos die monomeer in 3d lyk:

Gewoonlik word daar 'n klein hoeveelheid isopreen by die isobutileen gevoeg vir 'n sintese. Die polimerisasie word dan uitgevoer by -100 oC (of -148 oF as jy nou regtig gewonder het). Die rede hiervoor is dat die reaksie so vinnig verloop, dat dit moeilik is om te beheer indien dit nie by sulke lae temperature uitgevoer word nie.

Poliisobutileen is ontwikkel in die vroeë 1940's. Op daardie stadium was poliisopreen, of natuurlike rubber, die mees algemeenste in gebruik. Poliisopreen is 'n uitstekende elastomeer, en kan maklik van die sap van die hevea boom verky word. Groot hevea plantasies in Maleisië het genoeg rubber voorsien om in die wêreld se behoeftes te voldoen. Daar was egter net een probleem, en dit was dat Maleisië in die hande van die Japanese magte geval het. Dit het dus toe beteken dat al Japan se opponente geen toegang gehad het tot natuurlike rubber nie. Wel, die Geallieerde Magte moes toe aan iets dink, en het vorendag gekom met PIB. Eintlik is PIB al voor die oorlog deur die Duitsers ontwikkel (ietwat ironies), maar kon eers werklik gebruik word toe die Amerikaners tydens die oorlog 'n metode kon ontwikkel om die polimeer kruis te bind. Wat hulle gedoen het, was om isobutileen te kopolimeriseer met so ongeveer een persent isopreen. En dit is hoe isopreen lyk:

As isopreen en isobutileen saam gepolimeriseer word, kry ons 'n polimeer wat as volg lyk:

Ongeveer een of twee uit elke honderd herhaaleenhede sal 'n isopreen brokstuk wees (in blou aangedui). Hulle het dubbelbindings, wat dus beteken dat die polimeer kruisgebind kan word deur vulkanisering, net soos natuurlike rubber. Maar wat op aarde is vulkanisering. Om uit te vind, kliek hier.

Ander polimere kan ook as rubbers gebruik word. Hier is 'n paar:


Terug na die Vlak Twee Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi