Politetrafluoroëtileen, of PTFE, bestaan uit 'n koolstof ruggraatketting, waar elke koolstof twee fluooratome bevat. Dit word gewoonlik voorgestel soos in die model bo aan die bladsy, maar dit mag dalk makliker wees om dit te visualiseer soos in die prentjie hier onder, met die ketting net duisende atome lank.
PTFE is 'n viniel polimeer, en alhoewel sy eienskappe nie ooreenkom met die van poliëtileen nie, kom sy struktuur wel. Politetrafluoroëtileen word gemaak uit die monomeer tetrafluoroëtileen deur middel van 'n vrye radikaal viniel polimerisasie.
En vir die van julle wat wonder hoe lyk die monomeer tetrafluoroëtileen, kyk hierna:
Fluoor is 'n baie interessante element. As dit deel is van 'n molekule, hou dit glad nie daarvan om naby ander molekules te wees nie, selfs nie eens die fluooratome op ander molekule nie. Maar dit hou selfs nog minder van ander molekule as van die met fluoor in. Dus, met 'n PTFE molekuul propvol fluooratome, wil dit so ver as moontlik weg wees van enige tipe molekuul. Dit beteken dus dat die PTFE molekule op die oppervlak van 'n stuk PTFE enige iets sal afstoot wat probeer om naby dit te kom. Dit is waarom niks vassit aan PTFE nie. Aangesien die braaipan dus nou kleefvry kan wees, beteken dit jy kan jou kos nou op 'n veel gesonder manier voorberei, sonder vet of olie. Die volgende vraag bly egter nog onbeantwoord: As niks dan op PTFE wil vassit nie, hoe sit dit dan op die braaipan se oppervlakte vas. DuPont weet, maar hulle sê vir NIEMAND nie! So, wat dink jy? Probeer aan 'n paar idees dink van hoe dit moontlik kan werk. Vergelyk nou jou idees met 'n paar interessante antwoorde wat ons per epos ontvang het. Hoe om inert te wees PTFE is meer as net glibberig. Dit is ook uiters bruikbaar omdat niks daarmee sal reageer nie. Wel, aangesien dit alles afstoot, kan niks naby genoeg kom om daarmee te reageer nie. Dit kan dalk handig te pas kom... Aangesien die koolstof-fluoor binding regtig sterk is, word dit uiters moeilik gebreek. Dit beteken dus dat die polimeer uiters stabiel is, selfs as dit warm raak in 'n braaipan, en sal dit ook nie met suurstof reageer nie. OEPS! Politetrafluoroëtileen is nog een van daardie ongelooflike dinge wat per abuis ontdekking is. In die laat 1930's, toe PTFE ontdek is in DuPont se laboratoriums, was hulle glad nie geïnteresseer in kleefvrye braaipanne of kunsmatige hartkleppe nie. Hulle was wel geïnteresseerd gewees in verkoeling. Op daardie tydstip het yskaste verkoelingsmiddel soos ammoniak en swaeldioksied gebruik. 'n Mens sou nou nie graag so iets in jou kombuis wil hê nie (veral nie as daar 'n lek in jou yskas se verkoelingstelsel is nie). DuPont was dus op soek na 'n nie-toksiese verkoelingsmiddel, en een van die verbindings wat hulle ondersoek het was tetrafluoroetileen. Een van die chemici met die naam van Roy Plunkett was betrokke by hierdie projek. Toe hy eendag 'n splinternuwe tenk tetrafluoroetileen gas oop maak, toe het daar niks uitgekom nie. Hy het toe die silinder geweeg, en dit het voorgekom asof dit nog vol was. Toe besluit hy om dit oop te saag, en vind hy toe 'n wit poeier in plaas van 'n gas binne die tenk. Die wit poeier was natuurlik toe PTFE, gemaak uit die monomeer tetrafluoroetileen gas! Ja, dit is hierdie tipe ongelukkies wat wetenskap opwindend maak. Daar is ook ander ongelukke wat dinge minder aangenaam maak, maar ongelukke soos die PTFE ongeluk hou enige wetenskaplike op sy tone! Dit is so iets wat 'n nuwe veld van navorsing kan begin... Bron: Roberts, Royston M.; Serendipity: Accidental Discoveries in Science; John Wiley and Sons; New York; 1989. Terug na die Vlak Twee Kaart Terug na die Macrogalleria Indeks Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi
Fluoor is 'n baie interessante element. As dit deel is van 'n molekule, hou dit glad nie daarvan om naby ander molekules te wees nie, selfs nie eens die fluooratome op ander molekule nie. Maar dit hou selfs nog minder van ander molekule as van die met fluoor in. Dus, met 'n PTFE molekuul propvol fluooratome, wil dit so ver as moontlik weg wees van enige tipe molekuul. Dit beteken dus dat die PTFE molekule op die oppervlak van 'n stuk PTFE enige iets sal afstoot wat probeer om naby dit te kom. Dit is waarom niks vassit aan PTFE nie.
Aangesien die braaipan dus nou kleefvry kan wees, beteken dit jy kan jou kos nou op 'n veel gesonder manier voorberei, sonder vet of olie.
Die volgende vraag bly egter nog onbeantwoord: As niks dan op PTFE wil vassit nie, hoe sit dit dan op die braaipan se oppervlakte vas. DuPont weet, maar hulle sê vir NIEMAND nie!
So, wat dink jy? Probeer aan 'n paar idees dink van hoe dit moontlik kan werk. Vergelyk nou jou idees met 'n paar interessante antwoorde wat ons per epos ontvang het.
PTFE is meer as net glibberig. Dit is ook uiters bruikbaar omdat niks daarmee sal reageer nie. Wel, aangesien dit alles afstoot, kan niks naby genoeg kom om daarmee te reageer nie. Dit kan dalk handig te pas kom...
Aangesien die koolstof-fluoor binding regtig sterk is, word dit uiters moeilik gebreek. Dit beteken dus dat die polimeer uiters stabiel is, selfs as dit warm raak in 'n braaipan, en sal dit ook nie met suurstof reageer nie.
Politetrafluoroëtileen is nog een van daardie ongelooflike dinge wat per abuis ontdekking is. In die laat 1930's, toe PTFE ontdek is in DuPont se laboratoriums, was hulle glad nie geïnteresseer in kleefvrye braaipanne of kunsmatige hartkleppe nie. Hulle was wel geïnteresseerd gewees in verkoeling. Op daardie tydstip het yskaste verkoelingsmiddel soos ammoniak en swaeldioksied gebruik. 'n Mens sou nou nie graag so iets in jou kombuis wil hê nie (veral nie as daar 'n lek in jou yskas se verkoelingstelsel is nie). DuPont was dus op soek na 'n nie-toksiese verkoelingsmiddel, en een van die verbindings wat hulle ondersoek het was tetrafluoroetileen.
Een van die chemici met die naam van Roy Plunkett was betrokke by hierdie projek. Toe hy eendag 'n splinternuwe tenk tetrafluoroetileen gas oop maak, toe het daar niks uitgekom nie. Hy het toe die silinder geweeg, en dit het voorgekom asof dit nog vol was. Toe besluit hy om dit oop te saag, en vind hy toe 'n wit poeier in plaas van 'n gas binne die tenk. Die wit poeier was natuurlik toe PTFE, gemaak uit die monomeer tetrafluoroetileen gas!
Ja, dit is hierdie tipe ongelukkies wat wetenskap opwindend maak. Daar is ook ander ongelukke wat dinge minder aangenaam maak, maar ongelukke soos die PTFE ongeluk hou enige wetenskaplike op sy tone! Dit is so iets wat 'n nuwe veld van navorsing kan begin...