Taktisiteit


Wel, as daar 'n bladsy oor taktisiteit is, moet ons darem seker vertel presies wat taktisiteit is. Taktisiteit is eenvoudig net die manier waarop sygroepe gerangskik word lang die ruggraatketting van die polimeer. Ons praat baie van taktisiteit wanneer ons met viniel polimere te doene het. Om taktisiteit dus beter te kan verduidelik, sal ons gebruik maak van een van daardie viniel polimere, goeie ou polistireen as voorbeeld.

Polistireen word baie geteken as 'n plat prentjie soos hierdie:


Maar polimere is nie regtig plat soos dit hier lyk nie. Die koolstofatome is nie regtig in 'n reguit ketting nie, en die waterstof en fenielgroepe is nie almal presies reghoekig gerangskik van die ketting nie. Die koolstofketting is meer so 'n op-af struktuur soos hierdie:

Die sygroepe neig om weg te wys van die ketting, en lyk dan so:

In hierdie voorstelling kan jy sien dat al die fenielgroepe aan dieselfde kant van die polimeer ketting voorkom. Maar dit hoef nie altyd so te wees nie. Om dit te illustreer, kom ons kyk na die polistireen ketting van bo af. Jy kan sien dat die fenielsygroepe aan of die linkerkant of die regterkant van die ketting kan wees. As al die fenielgroepe aan dieselfde kant van die ketting is, sê ons die polimeer is isotakties. As die fenielgroepe aan alternerende kante vandie ketting voorkom, is die polimeer sindiotakties. As die fenielgroepe aan beide kante van die ketting voorkom, in 'n lukrake manier, is die polimeer atakties.

As jy dit in 3d wil sien, kliek gerus hier.

So wat het al hierdie dinge met polimere uit te make? Wel, wanneer polimere 'n reëlmatige rangskiking van atome het, soos ons in isotaktiese en sindiotaktiese polistireen sien, is dit baie maklik vir die kettings om saam te pak en kristalle en vesels te vorm. Maar as daar geen orde is nie, soos in die geval van ataktiese polistireen, kan die kettings nie naby aan mekaar gepak word nie. Die rede hiervoor is dat molekule die heel beste kan oriënteer met ander molekules wat presies dieselfde lyk. Probeer gerus om 'n kis vol identiese en nog een met verskillende voorwerpe te verpak, en kyk maar watter een die maklikste is.

Ziegler en Natta tot die redding!

Die eienskap van taktisiteit kan 'n baie groot probleem raak in polimere. Dit maak 'n groot verskil in polistireen. Vrye radikaal viniel polimerisasie kan normaalweg net ataktiese polimere produseer. Ataktiese polistireen is 'n harde plastiek wat geheel en al amorf is. Dit kan glad nie kristalliseer nie. Met die ontwikkeling van metalloseen katalise viniel polimerisasie was dit moontlik om sindiotaktiese polistireen te vervaardig. Dit is nie net kristallyn nie, maar smelt ook eers by ongeveer 270 oC.

'n Ander viniel polimeer, polipropileen is 'n goeie voorbeeld van die effekte wat taktisiteit op 'n polimeer kan hê. Aan die begin was daar slegs ataktiese polipropileen. Dit was 'n sagte, taai, swakkerige en nie baie prakties bruikbare materiaal nie. Toe het twee wetenskaplikes met die name Ziegler en Natta, wat onafhanklik van mekaar gewerk het, op die toneel verskyn. Hulle het 'n nuwe tipe viniel polimerisasie ontwikkel, wat toe later hulle name gedra het. Ja, die sogenaamde Ziegler-Natta polimerisasie. Hierdie nuwe proses kon isotaktiese polipropileen maak. Die nuwe polipropileen kon kristalliseer, en kon gebruik word vir die maak van vesels. En hierdie vesels kon aangewend word vir die maak van baie interessante dinge, soos byvoorbeeld matte vir gebruik buite die huis.


Terug na die Vlak Drie Kaart


Terug na die Macrogalleria Indeks


Kopiereg Voorbehou ©1995,1996 | Department Polimeerwetenskap | Universiteit van Suid-Mississippi